Tygervalley College astro - parkering:

15 May by Jean-Nola Postma

Beste hokkie-ouers

Insake: Tygervalley College se parkering

Tygervalley College is baie streng rakende parkering by die skool. Die parkeerarea voor die hoofgebou verskaf voldoende parkering vir ouers. GEEN ouer mag op die gronde/gras verby die parkeerarea parkeer nie.

Ouers moet asseblief van die aangewese parkeerarea gebruik maak. Geen ouer mag op die grondpad na die astro parkeer nie.
Alle ouers word vriendelik versoek om Tygervalley College se reëls na te kom. Streng reëls sal Maandag toegepas word.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.

Groete
Jean-Nola Postma