Hokkie proewe - 18 April 2026:

18 Apr by Jean-Nola Postma

Beste hokkie-ouers

Ons het die besluit geneem om vandag se proewe vir die hele dag te herskeduleer. Ongelukkig is die baan te nat en sal dit nie help om langer te wag nie.

Al die proewe sal nou op 8 Mei en 9 Mei plaasvind vir die seuns en dogters. Kommunikasie rondom die proewe sal Maandag uitgestuur word.

Baie dankie vir u geduld en samewerking.

Bly asseblief warm en veilig.

Vriendelike groete
Jean-Nola Postma