Belangrike inligting - Kwartaal 2:

16 Mar by Jean-Nola Postma

2
Beste hokkie-ouers

Die hokkie-akademie in kwartaal 2 is opsioneel vir leerders. Vul asseblief die skakel in wat op die hokkie-akademiebrief verskyn voor of op 10 April.

Die hokkie-inligtingsaand vind plaas op 13 April 2026. Die plek en tyd sal in die kwartaal 2-nuusbrief gekommunikeer word.

Hokkieproewe vind ook plaas gedurende kwartaal 2. Maak asseblief seker dat u uself vergewis van die proewe-inligting wat op TeamApp gelaai is.

Indien daar enige navrae is, stuur gerus ’n e-pos na:
jpostma@tygies.co.za