Hokkie kleredrag 2025

11 Aug by Jean-Nola Postma

Beste hokkie-ouers

Ons wil ñ ernstige versoek deurgee oor die kleredrag by die hokkie.

Die hokkie seuns moet in hulle LO-hemp, LO-broek en die rooi Tygerpoort langkouse speel. Geen secondskins mag gedra word nie.

Die hokkie dogters moet in hulle LO-hemp, LO-rompie en rooi Tygerpoort langkouse speel. Geen secondskins mag gedra word nie.

Indien die kleredrag nie volgens skoolreëls en Noord-Gauteng uiteensetting is, mag die leerder nie speel nie.

Indien daar spesiale vergunnings gemaak word vir secondskins vir laat aand wedstryde moet dit deur die organiseerder gereël word vir die hele span.

Baie dankie vir u samewerking in die verband!

Groete
Jean-Nola Postma/Lizemarie Smith