Seuns proewe: 17 Mei 2025.

15 May by Jean-Nola Postma

Beste hokkie-ouers.

Ons het Vrydag verneem dat Tygervalley College astro nie meer beskikbaar is 17 Mei vir ons proewe nie.

Al die seuns se proewe skuif na Laerskool Tygerpoort se multifunksionele baan en die tye bly presies dieselfde. Die skool bied wel daardie dag die bulletjierugby aan. Ons versoek dat geen ouers op die skoolgronde sal wees nie om die voete so min as moontlik te hou op die gronde. Die seuns kan afgelaai word by die hekke en weer na die geskeduleerde tyd opgelaai word.

Ongelukkig is dit omstandighede buite ons beheer en vra asb. u samewerking in die verband.

Groete
Jean-Nola Postma